Skip to main content

T Roos | Dynamic Tax and Accounting Firm

DIE SAID GAAN OPTREDE TEEN BELASTINGOORTREDERS INTENSIVEER

Ten spyte van die feit dat die SAID hul filosofie van opvoeding, diens, en toepassing daarna, handhaaf, het hulle ’n toename opgemerk in belastingbetalers wat nie hulle belastingopgawes teen die vasgestelde sperdatums indien nie, en nie hul uitstaande skuld by die SAID vereffen nie. Dit is nie beperk tot die huidige belastingjaar nie, maar sluit […]

DIE 2017 BELASTINGSEISOEN IS OOP

Die Kommissaris van die SAID het onlangs die jaarlikse kennisgewing gepubliseer om die 2017 belastingseisoen amptelik “oop” te verklaar. Individue mag hul jaarlikse inkomstebelastingopgawes vir die 2017-aanslagjaar (wat op 28 Februarie 2017 geëindig het) vanaf 1 Julie 2017 indien, en ons versoek dat ons kliënte ons kontak sodat ons die nodige reëlings kan tref. Die […]

NIE-UITVOERENDE DIREKTEURE SE VERGOEDING: BTW EN LBS

Twee veelseggende  beslissings betreffende die vergoeding van nie-uitvoerende direkteure is gedurende Februarie 2017 deur die SAID gepubliseer. Hierdie beslissings, Bindende Algemene Beslissings 40 en 41, het betrekking op die wyse waarop BTW en LBS onderskeidelik, toegepas word op die vergoeding wat aan nie-uitvoerende direkteure betaal word. Die belangrikheid van beslissings in die algemeen is dat […]

PRAKTYKNOTA 31 OP DIE VOORGROND

Die aftrekbaarheid van rente vir inkomstebelastingdoeleindes en meer bepaald die toepassing van die SAID se Praktyknota 31,was onlangs onder die loep in Mr X v CSARS [1]. In die breë sal uitgawes vir die doeleindes van inkomstebelasting aftrekbaar wees as al die vereistes van artikel 11(a) van die Wet op Inkomstebelasting, 58 van 1962, nagekom […]

TOEDELING VAN BTW-INSETEISE

In die algemeen mag die BTW-gedeelte van uitgawes deur ‘n BTW-ondernemer aangegaan in die bedryf van sy onderneming, van die SAID  teruggeëis word wanneer die leweransier sy BTW-opgawes periodiek indien. Tipies word hierdie inseteise verreken teen die uitsetbelasting-aanspreeklikheid wat die leweransier mag hê. Dit is egter dikwels die geval dat die totale insetbelastingeise vir ‘n […]

Belastingterme gebruik in die media: Weet jy wat die terme beteken?

Artikels en boeke wat beskikbaar is oor belasting is nie ligte leesstof nie. Die leser kan maklik  verlore begin voel met die magdom woorde en terme indien hy/sy nie op datum bly met nuwe terme  wat  deur die SAID aan die veld  bekendgestel word nie.  Hierdie artikel het ten doel om die betekenis van ʼn […]

We use cookies to improve your experience on our website. By continuing to browse, you agree to our use of cookies
X