Ten spyte van die feit dat die SAID hul filosofie van opvoeding, diens, en toepassing daarna, handhaaf, het hulle ’n toename opgemerk in belastingbetalers wat nie hulle belastingopgawes teen die vasgestelde sperdatums indien nie, en nie hul uitstaande skuld by die SAID vereffen nie. Dit is nie beperk tot die huidige belastingjaar nie, maar sluit aansienlike nie-nakoming oor vorige belastingjare in.
Dit is om hierdie rede dat die SAID vanaf Oktober 2017 strafregtelike verrigtinge teen belastingoortreders sal intensiveer. Versuim om die opgawe(s) binne die genoemde tydperk in te dien, kan lei tot:
Tipes belasting
Die SAID het alle belastingbetalers herinner dat, volgens die Wet op Belastingadministrasie No. 28 van 2011, dit ’n misdryf is om nie ’n belastingopgawe in te dien vir enige van die belastingtipes waarvoor hulle geregistreer is nie. Hierdie belastingtipes is:
Dit is ook belangrik om daarop te let dat indien enige opgawe tot ’n belastingskuld lei, dit voor die betrokke vervaldatum betaal moet word om enige rente vir laat betaling en regstappe te vermy. Om enige strawwe, rente, vervolging asook gevangenisstraf te vermy, word belastingbetalers aangemoedig om hulle nakoming reg te stel deur enige uitstaande opgawes so gou moontlik in te dien. Kontak asseblief u belastingadviseur vir hulp.
Hierdie artikel is ʼn algemene inligtingsblad en moet nie as professionele advies beskou word nie. Geen verantwoordelikheid word aanvaar vir enige foute, verlies of skade wat ondervind word as gevolg van die gebruik van enige inligting vervat in hierdie artikel nie. Kontak altyd ʼn finansiële raadgewer vir spesifieke en gedetailleerde advies. (E&OE)