Spaarfondse voordele
Die drie spaarfondse wat voordeel inhou vir ‘n individu met aftrede, is ‘n pensioenfonds, uittree-annuïteitsfonds, en ‘n voorsorgfonds. Vanaf 1 Maart 2016 geld die volgende: Bydraes wat deur werkgewers aan bogenoemde aftree-fondse gelewer is word belas in die hande van die werknemer as ‘n byvoordeel; Die volle bydrae van die werkgewer kan deur die werkgewer […]
WAARDASIE VAN VOORKEURAANDELE
Wanneer dit kom by inkomstebelasting, veroorsaak die kwessie van waardasie van aandele dikwels ’n groot mate van onsekerheid, veral waar aandele nie op ’n erkende beurs verhandel word nie. Alhoewel die Agtste Skedule van die Inkomstebelastingwet[1] in paragraaf 31 ’n bietjie leiding gee oor die markwaarde van sekere bates, is die ‘allesinsluitende’ metode die prys […]
BEGROTING 2018: DIS ’N SYFERSPEL
Suid-Afrika se begroting skets ’n baie interessante prentjie wanneer ’n mens in besonderhede kyk na die syfers wat betrokke is. Die jaarlikse nasionale begroting wat op 21 Februarie in die Parlement deur die Minister van Finansies, Malusi Gigaba, voorgelê is, is die grootste begroting tot nog toe en maak voorsiening vir gekonsolideerde staatsbesteding in die […]
DIE BOU VAN ’N KAPITAALFONDS VIR OWO’S
Entiteite wat hulle aktiwiteite op ’n nie-winsgewende wyse bedryf, kan in sekere omstandighede by die Kommissaris van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens aansoek doen om as ’n openbare weldaadsorganisasie (OWO) goedgekeur te word ingevolge die Wet op Inkomstebelasting[1]. Een van die vereistes om as ’n OWO te kwalifiseer, is dat die entiteit sy befondsing alleenlik of hoofsaaklik […]
BTW: ALGEMENE TEENVERMYDINGSMAATREËLS
Die meeste belastingwette in Suid-Afrika bevat ’n algemene oorheersende bepaling in die vorm van algemene teenvermydingsmaatreëls[1]. Kragtens hierdie bepalings, waar die algemene teenvermydingsmaatreëls se bepalings van toepassing is, is die Kommissaris van die SAID by magte om in die algemeen ’n tersaaklike transaksie na goeddunke te behandel ten einde die belastingvermydingseffek van die transaksie aan […]
DIE SAID GAAN OPTREDE TEEN BELASTINGOORTREDERS INTENSIVEER
Ten spyte van die feit dat die SAID hul filosofie van opvoeding, diens, en toepassing daarna, handhaaf, het hulle ’n toename opgemerk in belastingbetalers wat nie hulle belastingopgawes teen die vasgestelde sperdatums indien nie, en nie hul uitstaande skuld by die SAID vereffen nie. Dit is nie beperk tot die huidige belastingjaar nie, maar sluit […]
DIE GEVOLGE VAN VERANDERING IN BATEGEBRUIK OP INKOMSTEBELASTING
Belastingbetalers mag bates óf as handelsware óf as kapitale bates bekom en later daardie bates vir ‘n ander doel aanwend as waarvoor dit aangeskaf is. Byvoorbeeld, ‘n aandeelbelegging wat oorspronklik bekom is met spekulatiewe voorneme (d.w.s as handelsware) mag later deel vorm van ‘n strategiese langtermyn bate wat deur die belastingbetaler as kapitale bate behou […]
BELASTINGVERBLYF VIR INDIVIDUE
In Suid-Afrika word inkomstebelasting op ‘n bronbasis gehef, met ander woorde, alle Suid-Afrikaanse bron inkomste is onderhewig aan inkomstebelasting, ongeag of dit deur Suid-Afrikaanse belastingpligtiges verdien is al dan nie. Suid-Afrikaanse belastingpligtiges word egter ook op hul wêreldwye verdienste belas, ongeag of die inkomste vanuit ‘n Suid-Afrikaanse bron ontstaan het al dan nie. Nie-belastingpligtiges word […]
RENTEVRYE LENINGS EN TRUSTS
Die onlangse invoering van Afdeling 7C tot die Wet op Inkomstebelasting1 het die belasting van trusts, en spesifiek die befondsing daarvan, opnuut onder die soeklig geplaas. In kort, Afdeling 7C beoog die heffing van skenkingsbelasting op lenings verskuldig deur trusts aan verbonde partye (tipies die begunstigdes of maatskappye wat dit beheer). Tot die mate waartoe […]
PRAKTYKNOTA 31 OP DIE VOORGROND
Die aftrekbaarheid van rente vir inkomstebelastingdoeleindes en meer bepaald die toepassing van die SAID se Praktyknota 31,was onlangs onder die loep in Mr X v CSARS [1]. In die breë sal uitgawes vir die doeleindes van inkomstebelasting aftrekbaar wees as al die vereistes van artikel 11(a) van die Wet op Inkomstebelasting, 58 van 1962, nagekom […]