Belastingbetalers mag bates óf as handelsware óf as kapitale bates bekom en later daardie bates vir ‘n ander doel aanwend as waarvoor dit aangeskaf is. Byvoorbeeld, ‘n aandeelbelegging wat oorspronklik bekom is met spekulatiewe voorneme (d.w.s as handelsware) mag later deel vorm van ‘n strategiese langtermyn bate wat deur die belastingbetaler as kapitale bate behou word. So mag ‘n meubelkleinhandelaar ook byvoorbeeld sy handelsware gebruik om sy kantoor mee uit te rus.
Wanneer bates wat tot dusver as handelsware behou is skielik as kapitale bates beskou word (en vice versa), word sekere belastinggevolge toepaslik op óf ‘n inkomstebelasting- óf ‘n kapitaalwinsbelastingrekening (KWB), afhangend of die bate as handelsvoorraad of kapitale bate behou is: [1] die belastingbehandeling word verbind aan ‘n geagte realisering van die bate.
Waar ‘n bate voorheen as handelsvoorraad behou is, sal die belastingbetaler beskou word as dat hy van daardie handelsware ontslae geraak het (indien ‘n aftrekking vir die aankoop van daardie handelsitem voorheen geëis is) onder die volgende omstandighede:
Die “verhaling” vir belastingdoeleindes mag ook van krag word, selfs indien die belastingbetaler die handelsitem behou, m.a.w. indien die belastingbetaler nie werklik van die bate ontslae raak nie. Dit sal die geval wees wanneer:
In die praktyk probeer die Wet op Inkomstebelasting dus belastinggevolge oproep waar belastingverligting vroeër geëis is vir die verkryging van ‘n handelsitem. Die geagte verhandeling skep die idee dat daar van die handelsitem ontslae geraak is wanneer dit nie aangewend word of deur die belastingbetaler verkoop word nie. Met ander woorde, die Wet op Inkomstebelasting beoog om die handelsitem as verkoop te beskou sodra dit nie meer as ‘n handelsitem behou word nie.
‘n Soortgelyke stelsel bestaan vir KWB-doeleindes. [3] ‘n Kapitale bate word geag as verkoop te wees vir KWB-doeleindes wanneer die belastingbetaler dit as handelsvoorraad aanwend, of waar ‘n bate vir persoonlike gebruik nie langer as sodanig behou word nie. Soortgelyk aan die handelswarestelsel sal hierdie omstandighede aanleiding gee tot ‘n geagte verhandeling vir KWB-doeleindes, waarmee KWB-koste vir die verandering in gebruik van die bate in werking tree, ongeag die feit dat die vroeëre kapitale bate nie werklik verhandel is nie.
[1] Alhoewel “handelsware” in afdeling 1 van die Wet op Inkomstebelasting, 58 van 1962, gedefinieer word, is dit grootliks die rede waarom ‘n bate bekom is wat sal bepaal of die bate deel sal vorm van die belastingbetaler se handelsware of as ‘n kapitale bate beskou sal word.
[2] Afdeling 22(8) van die Wet op Inkomstebelasting
[3] Paragraaf 12(2) van die Agtste Skedule van die Wet op Inkomstebelasting
Hierdie artikel is ʼn algemene inligtingsblad en moet nie as professionele advies beskou word nie. Geen verantwoordelikheid word aanvaar vir enige foute, verlies of skade wat ondervind word as gevolg van die gebruik van enige inligting vervat in hierdie artikel nie. Kontak altyd ʼn finansiële raadgewer vir spesifieke en gedetailleerde advies. (E&OE)