November 16, 2018

Verskillende rentekoerse in belasting

Die Inkomstebelastingwet[1] bevat definisies vir verskillende rentekoerse. Hierdie rentekoerse dien as die basis vir renteberekeninge in inkomstebelasting in verskillende omstandighede en kan breedweg in drie hoofareas gekategoriseer word. Kennis van die verskil tussen hierdie onderskeie tipes rentekoerse kan ’n wesenlike impak hê op die bedrag rente wat deur belastingbetalers verskuldig of ontvangbaar is, asook die wyse waarop hulle transaksies struktureer, beïnvloed. Wat is die verskillende tipes rentekoerse en wanneer is hulle van toepassing? SAID onderskei tans tussen twee “voorgeskrewe tariewe” en ’n sogenaamde “amptelike rentekoers”. Die voorgeskrewe tariewe is administratief van aard en van toepassing op belastingskulde, terwyl die amptelike […]
September 18, 2018

VERANDERINGE AAN SLEGTE SKULD TOELAE

Die meeste Suid-Afrikaanse besighede word een of ander tyd blootgestel aan kredietrisiko in die vorm van slegte skulde. Alhoewel belastingbetalers ongetwyfeld verkies om die skuld te verhaal, bied die Inkomstebelastingwet[1] ’n mate van verligting in gevalle waar skuld sleg of twyfelagtig geword het. Nie alleen maak Artikel 11(a) voorsiening vir die aftrekking van verliese wat werklik aangegaan is in die produksie van inkomste nie, maar artikel 11(i) en 11(j) is spesifiek gemik op ’n aftrekking of toelaag vir slegte skuld en twyfelagtige skuld onderskeidelik. Hierdie twee bepalings is egter omstrede hoofsaaklik om twee redes. Eerstens is daar geen riglyn in […]
February 21, 2018

VERHALING VAN INKOMSTEBELASTING

In die gewone loop van sake word bates wat deur belastingbetalers gebruik word om hul besigheid te bedryf, oor ’n aantal jare in die vorm van rekeningkundige depresiasie afwaarts gewaardeer. Die Inkomstebelastingwet[1] maak dan ook voorsiening daarvoor dat bates oor ’n periode van tyd vir belastingdoeleindes afwaarts waardeer kan word, welke slytasieverwante vermindering in waarde jaarliks as ’n slytasiekorting teen belasbare inkomste geëis kan word. Hierdie kortings word toegestaan kragtens ’n aantal bepalings, afhangende van die relevante aard en die doel waarvoor die betrokke bates gebruik word[2]. Die Inkomstebelastingwet maak voorsiening dat hierdie kortings later omgekeer kan word sou hulle […]
September 14, 2017

WEG IS DIE DAE VAN BELASTINGVRYE SALARISSE IN DIE BUITELAND

Baie Suid-Afrikaanse belastingbetalers wat ’n salaris in die buiteland verdien trek al jare lank voordeel uit die sogenaamde “dubbele niebelasting”. Dit is die geval waar salarisse verdien word in lande waar daar nie belasting vereis word op salarisse in daardie land verdien nie, en waar ’n plaaslike Suid-Afrikaanse inkomstebelastingvrystelling ook vir sulke Suid-Afrikaanse werknemers beskikbaar is. Die VAE is byvoorbeeld bekend daarvoor dat baie min, indien enige, belasting op nie-inwonende werknemers in daardie jurisdiksie gehef word.  Hierdie bewind reageer redelik goed op die Suid-Afrikaanse vrystelling van inkomstebelasting wat aan Suid-Afrikaners wat in die buiteland werk, verleen word, en waarvolgens Suid-Afrika […]
March 9, 2015

Openbare weldaadsorganisasies: detail is belangrik

Dit is belangrik dat organisasies bewus is van wat vereis word om goedkeuring te verkry, sowel as om hul status as vrygestelde entiteite te behou. Aansoeke om vrystelling moet by die “Tax Exemption Unit” (TEU) deur middel van ‘n EI1 vorm, beskikbaar op die SAID webtuiste, ingedien word. Die vorm moet vergesel word van ‘n afskrif van die Grondwet, testament of ander dokument op sterkte waarvan die entiteit opgerig is. In die geval van ‘n maatskappy, moet die akte van inlywing voorgelê word. Die omvang van hierdie artikel is nie wyd genoeg om ‘n bespreking van die Maatskappywet se voorskrifte […]
We use cookies to improve your experience on our website. By continuing to browse, you agree to our use of cookies
X