Wat is elektroniese dienste? | Elektroniese dienste beteken enige dienste wat deur ’n nie-inwoner vir oorweging verskaf word deur gebruik te maak van –
Elektroniese dienste is dus dienste, waarvan die verskaffing –
Eenvoudig gestel, beteken dit dat vanaf 1 April 2019, u BTW moet betaal op ’n wyer reeks elektroniese dienste. Die regulasies omvat nou enige dienste wat kwalifiseer as “elektroniese dienste” (behalwe vir ’n paar uitsonderings) hetsy dit direk deur die nie-inwonerbesigheid of via ’n “tussenganger” verskaf word.
Enkele voorbeelde sluit in:
|
Wat is spesifiek uitgesluit van die omvang van elektroniese dienste in die opgedateerde regulasies? | Uitgesluit uit die opgedateerde regulasies is –
|
Wat is die rede vir die opgedateerde regulasies? | Die oorspronklike regulasies het die omvang van dienste wat as elektroniese dienste kwalifiseer beperk en belasting moet teen die standaardkoers gehef word. Die voorneme van die opgedateerde regulasies is om die omvang van dienste wat as elektroniese dienste kwalifiseer, wesenlik uit te brei sodat alle dienste wat vir ’n oorweging (onderworpe aan ’n paar uitsonderings) verskaf word, wat deur middel van ’n elektroniese agent, elektroniese kommunikasie of die internet, elektroniese dienste is en BTW teen die standaardtarief gehef moet word. |
Tref die opgedateerde regulasies ’n onderskeid tussen Besigheid-tot-Besigheid (B2B) en Besigheid-tot-Verbruiker (B2C) voorrade? | Nee, daar is geen onderskeid tussen B2B en B2C-voorrade nie, daarom sal B2B-voorrade met BTW teen die standaardkoers gehef word. Hierdie uitkoms was opsetlik omdat die Suid-Afrikaanse BTW-stelsel nie ten volle die B2B- en B2C-konsepte onderskryf nie. |
Wat is voorbeelde van voorrade wat nie elektroniese dienste is nie? |
|
Gegewe die veel groter toepassingsgebied vir elektroniese dienste, moet beide plaaslike en buitelandse handelaars toesien dat BTW teen die toepaslike tarief gehef word vir die verskaffing van elektroniese dienste – en plaaslike verkopers moet, waar toepaslik, die nodige stawende dokumente behou ten einde enige insetbelastingeise te staaf.
Hierdie artikel is ʼn algemene inligtingsblad en moet nie as professionele advies beskou word nie. Geen verantwoordelikheid word aanvaar vir enige foute, verlies of skade wat ondervind word as gevolg van die gebruik van enige inligting vervat in hierdie artikel nie. Kontak altyd ʼn finansiële raadgewer vir spesifieke en gedetailleerde advies. (E&OE)