July 3, 2019

Belasting op buitelandse indiensnemingsinkomstes

Artikel 10(1)(o)(ii) bied verligting aan belastingbetalers deur nie op buitelandse indiensnemingsinkomste (“employment income”) belas te word nie aangesien die buitelandse maatskappy reeds LBS / belasting op daardie inkomste aftrek. Daar is egter sommige lande waar hul eie belastingwette bepaal dat geen belasting op buitelandse indiensnemingsinkomste afgetrek word nie. Die effek daarvan is dat sekere individue dan effektief geen belasting in enige land betaal nie. Artikel 10(1)(o)(ii) is gevolglik hersien en die wysigings waaroor almal gons tree effektief 1 Maart 2020 in werking. Ingevolge die wysigings sal slegs die eerste R1 miljoen van buitelandse indiensnemingsinkomste vrygestel wees van belasting. Enige buitelandse indiensnemingsinkomste […]
June 11, 2019

Belasting op buitelandse indiensnemingsinkomstes (“Expat tax”)

Suid-Afrikaanse Reserwebank prosedures

Die Suid-Afrikaanse Reserwebank (“SARB”) is die sentrale bank van die Republiek van Suid-Afrika en sy primêre doel is om prysstabiliteit te bereik en in stand te hou in die belang van gebalanseerde en volhoubare ekonomiese groei in Suid-Afrika. ’n Deel van die SARB se funksies is om ’n databasis van alle leningsverpligtinge van Suid-Afrikaanse inwoners aan nie-inwoners, in stand te hou. In gevalle waar leningverpligtinge tussen Suid-Afrikaanse inwoners en nie-inwoners gemaak word, moet goedkeuring vooraf van die SARB verkry word. Wanneer ’n aansoek by die SARB gedoen word, sal sekere inligting en stawende dokumente deur die SARB aangevra word voordat […]
May 27, 2019

BTW-regulasies in verband met die verskaffing van elektroniese dienste

Sedert 2015 word buitelandse verskaffers van elektroniese dienste (soos oudiovisuele inhoud, e-boeke, ens.) in Suid-Afrika, geag ’n onderneming vir BTW plaaslik te bedryf. Alhoewel die regime al vir ’n aantal jare in plek is, word nuwe regulasies in hierdie verband voortdurend gepubliseer, die laaste op 18 Maart 2019, met ’n effektiewe datum van 1 April 2019. Saam met die nuwe regulasies het die SAID ’n “FAQ”-dokument gepubliseer wat sommige van die vrae wat handelaars en die publiek in die algemeen waarskynlik sal hê oor die implikasies van die opgedateerde regulasies en onlangse wetgewende wysigings, aanspreek. Hieronder ondersoek ons sommige van […]
We use cookies to improve your experience on our website. By continuing to browse, you agree to our use of cookies
X