October 10, 2018

GELDIGHEID VAN VOETSTOOTSKLOUSULES ONDER DIE WET OP GEBRUIKERSBESKERMING

Verbruikers verkies dikwels om tweedehandse goedere te koop om geld te bespaar of bloot omdat hulle ’n winskoop raakgeloop het. Hoewel tweedehandse goedere moontlik ’n winskoop kan wees, kan dit riskant wees om dit te koop omdat dit gebreke mag bevat terwyl die verbruiker se reg om te verhaal in so ’n geval uiters beperk kan wees. Hierdie besorgdheid oor gebreke word vererger wanneer items van hoë waarde gekoop word, soos motorvoertuie waar latente gebreke duur kan wees om te herstel en die verbruiker dikwels in ’n situasie kan beland waar hy/sy betekenisvolle bedrae geld moet bestee aan die herstel […]
May 8, 2017

VOORLOPIGE BELASTING WANNEER U EIENDOM VERKOOP WORD

Die voorlopige belasting-regime funksioneer as ‘n deurlopende kontantvloeimeganisme ten gunste van die Regering waarvolgens belasting voorlopig betaal word op inkomste verdien in afwagting op die finale belastingaanspreeklikheid wat bereken word wanneer ‘n persoon finaal vir inkomstebelasting aangeslaan word. Wanneer ‘n persoon vir voorlopige belasting geregistreer is, word daar vereis dat vooruitskattings van belasbare inkomste sesmaandeliks aan die SAID voorgelê word (en voorlopige belasting dienooreenkomstig betaal word), naamlik na die eerste 6 maande van die aanvang van die persoon se belastingjaar en weer op die laaste dag van daardie belastingjaar. Heelwat van ons kliënte is nie vir voorlopige belasting geregistreer nie, […]
We use cookies to improve your experience on our website. By continuing to browse, you agree to our use of cookies
X