March 12, 2018

RENTE ONTVANG DEUR NIE-INWONERS OP SA BANKREKENINGE

Persone wat nie belastinginwoners in Suid-Afrika is nie, word in SA slegs belas op inkomste ontvang deur, of wat aan só ’n inwoner toegeval het, uit ’n SA bron. Dit sal rente insluit wat op ’n SA bankrekening ontvang word.[1] Nie-inwoners kan egter vrygestel wees van SA inkomstebelasting op rente verdien ingevolge artikel 10 (1) (h) van die Inkomstebelastingwet. Artikel 10 (1) (h) se vrystelling is egter nie van toepassing nie in die mate dat die nie-inwoner ’n natuurlike persoon is wat fisies in Suid-Afrika teenwoordig was vir ’n tydperk wat 183 dae oorskry in die 12-maande-periode wat die datum […]
We use cookies to improve your experience on our website. By continuing to browse, you agree to our use of cookies
X