VOORLOPIGE BELASTING WANNEER U EIENDOM VERKOOP WORD
Die voorlopige belasting-regime funksioneer as ‘n deurlopende kontantvloeimeganisme ten gunste van die Regering waarvolgens belasting voorlopig betaal word op inkomste verdien in afwagting op die finale belastingaanspreeklikheid wat bereken word wanneer ‘n persoon finaal vir inkomstebelasting aangeslaan word. Wanneer ‘n persoon vir voorlopige belasting geregistreer is, word daar vereis dat vooruitskattings van belasbare inkomste sesmaandeliks […]
So wanneer is ek by magte om as trustee op te tree?
Die Wet op Beheer van Trustgoedere 57 van 1988 definieer ‘n trustee as “enige persoon (ingesluit die oprigter) wat optree as trustee uit hoofde van ‘n magtiging in terme van Artikel 6.” In die saak van Lupacchini teen die Minister van Veiligheid en Sekuriteit (16/2010) [2010], ZASCA 108 (17 September 2010), is die posisie van […]
Implikasies van boedelbelasting
Boedelbelasting word, kragtens die Wet op Boedelbelasting, gehef op die belasbare waarde van die boedel. Die algemene reël is dat indien die belastingbetaler gewoonlik in Suid-Afrika woonagtig is ten tye van sy/haar dood, al die bates (insluitend eiendom geag eiendom te wees), waar ook al geleë, ingesluit sal word in die bruto waarde van die […]