NUWE VOORGESTELDE BELASTINGWYSIGINGS
Die Nasionale Tesourie stel jaarliks voorgestelde wysigings aan belastingwetgewing vry. Die belangrikste hiervan word reeds voorspel wanneer die Minister van Finansies sy begrotingstoespraak in die Parlement lewer. Die voorstelle wat in daardie Begrotingsoorsig gemaak word, word dan geformaliseer in voorgestelde konsep belastingwetgewingswysigings in die vorm van die Konsep Belasting Wysigingswetsontwerp en die Konsep Belastingadministrasie Wysigingswetsontwerp. […]