T Roos | Dynamic Tax and Accounting Firm

Belasting op buitelandse indiensnemingsinkomstes (“Expat tax”)

Artikel 10(1)(o)(ii) bied verligting aan belastingbetalers deur nie op buitelandse indiensnemingsinkomste (“employment income”) belas te word nie aangesien die buitelandse maatskappy reeds LBS / belasting op daardie inkomste aftrek. Daar is egter sommige lande waar hul eie belastingwette bepaal dat geen belasting op buitelandse indiensnemingsinkomste afgetrek word nie. Die effek daarvan is dat sekere individue […]

NUWE INDIENINGVEREISTES VIR INSOLVENTE BELASTINGBETALERS

Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (“die SAID”) het onlangs nuwe prosedures uiteengesit met betrekking tot die proses rondom die indiening van inkomstebelastingopgawes wat verband hou met insolvensie. Die verstekposisie is dat waar die boedel van ’n persoon gesekwestreer word, moet ’n afsonderlike opgawe ingedien word vir die tydperk wat begin op die eerste dag van daardie jaar […]

DEREGISTRASIE VAN OMSETBELASTING

Die Sesde Skedule van die Wet op Inkomstebelasting[1] detailleer die werking van die omsetbelastingstelsel wat op mikrobesighede van toepassing is. Omsetbelasting is ’n opsionele stelsel (met voorkeur-belastingkoerse) en is in wese ’n vereenvoudigde belastingstelsel wat beskikbaar is vir mikrobesighede (besighede met ’n kwalifiserende omset van R1 miljoen of minder). Die Sesde Skedule handel oor persone […]

WYSIGINGS AAN INKOMSTEBELASTINGOPGAWES VIR MAATSKAPPYE

As deel van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) se deurlopende pogings om doeltreffendheid en voldoening te bevorder, is verskeie wysigings op 26 Februarie 2018 aan die jaarlikse inkomstebelastingopgawes vir maatskappye (ITR14) aangebring. Twee nuwe skedules is op die ITR14 bygevoeg. Eerstens moet maatskappye wat die leerskaptoelae kragtens artikel 12H van die Inkomstebelastingwet[1] wil eis, voortaan besonderhede […]

WEG IS DIE DAE VAN BELASTINGVRYE SALARISSE IN DIE BUITELAND

Baie Suid-Afrikaanse belastingbetalers wat ’n salaris in die buiteland verdien trek al jare lank voordeel uit die sogenaamde “dubbele niebelasting”. Dit is die geval waar salarisse verdien word in lande waar daar nie belasting vereis word op salarisse in daardie land verdien nie, en waar ’n plaaslike Suid-Afrikaanse inkomstebelastingvrystelling ook vir sulke Suid-Afrikaanse werknemers beskikbaar […]

WANNEER MAG EN MOET ‘n BESIGHEID VIR BTW REGISTREER

Belastingbetalers mag vir Belasting op Toegevoegde Waarde (BTW) registreer op ‘n vrywillige of verpligte basis. Vereistes vir registrasie word vervat in Afdeling 23 van die Wet op Belasting op Toegevoegde Waarde (BTW-wet), 89 van 1991. Oor die algemeen mag ‘n belastingbetaler op ‘n vrywillige basis vir BTW registreer indien daardie belastingbetaler aan die SAID kan […]

TRANSAKSIES WAT AAN DIE SAID GERAPPORTEER MOET WORD IN TERME VAN REGERINGSKENNISGEWING

Afdeling 37 van die Wet op Belastingadministrasie, 28 van 2011 (die Adminwet) vereis van belastingbetalers om ‘n transaksie wat kwalifiseer as ‘n “rapporteerbare transaksie” te rapporteer. Versuim van die belastingbetaler sal lei tot die hef van ‘n boete wat wissel tussen R50 000 en      R300 000 per maand (afdeling 212) vir so lank as 12 […]

We use cookies to improve your experience on our website. By continuing to browse, you agree to our use of cookies
X