T Roos | Dynamic Tax and Accounting Firm

NASIONALE BEGROTINGSTOESPRAAK

Die Minister van Finansies, Tito Mboweni, het op 20 Februarie 2019 sy eerste Nasionale Begrotingstoespraak gelewer met die fokus vir die komende fiskale jaar op die verstewiging van belastingadministrasie in lyn met die aanbevelings van die Nugent-Kommissie. Dit behoort ondersteun te word deur die aanstelling van die nuwe, permanente SAID- Kommissaris in die komende weke. […]

SAID rente op voorlopige belasting

Soos met verskeie ander saketransaksies, trek belasting in sy verskillende vorme ook rente aan, óf betaalbaar deur die belastingbetaler aan die SAID, óf aan die belastingbetaler verskuldig deur die SAID. Benewens om te weet watter van die verskillende SAID-rentekoerse van toepassing is (wat dikwels op sigself ’n uitdaging is), word dit toenemend belangrik om te […]

RENTE ONTVANG DEUR NIE-INWONERS OP SA BANKREKENINGE

Persone wat nie belastinginwoners in Suid-Afrika is nie, word in SA slegs belas op inkomste ontvang deur, of wat aan só ’n inwoner toegeval het, uit ’n SA bron. Dit sal rente insluit wat op ’n SA bankrekening ontvang word.[1] Nie-inwoners kan egter vrygestel wees van SA inkomstebelasting op rente verdien ingevolge artikel 10 (1) […]

RENTEVRYE LENINGS OOR LANDSGRENSE

‘n Beskouing van die belastinggevolge van rentevrye lenings sal onvolledig wees as dit nie ook in die konteks van rentevrye oorgrens skuldfinansiering beskou word nie. Tipies, wanneer “goedkoop skuld” teëgekom word, is dit in die vorm van lae rente- of rentevrye lenings wat aan verwante partye (of “verbonde persone”, soos gedefinieer) verskaf word weens die […]

Skeiding van besigheids- en persoonlike uitgawes (deel 1): Waarom is dit nodig?

Eienaars van deeltydse en klein besighede, bv. netwerkbemarkers, eiendomsagente, konsultante en alleeneienaars, gebruik dikwels een bankrekening vir persoonlike en besigheidsdoeleindes, wat daartoe lei dat besigheids- en privaat uitgawes deurmekaar raak. Dit kan op die lange duur probleme vir die besigheid en die individu veroorsaak, veral rakende belasting en wanneer later om lenings aansoek gedoen word. […]

Belasting van trusts

In die begrotingstoespraak gedurende Februarie 2013 het die Minister van Finansies gemeld dat die belasting van trusts onder oorsig geneem sal word om enige misbruik daarvan te beheer. In die begrotingsoorsig van 2013 deur Nasionale Tesourie is die volgende gemeld: To curtail tax avoidance associated with trusts, government is proposing several legislative measures during 2013/14. […]

We use cookies to improve your experience on our website. By continuing to browse, you agree to our use of cookies
X