Die 2021 belastingseisoen lê voor die deur en ons het wysheid nodig om reg te kies in dié tyd. Een van die moeilike keuses waarmee belastingbetalers gekonfronteer word, is die besluit oor hoeveel hulle onderskeidelik tot ‘n uittree-annuïteit (UA) en tot ‘n belastingvrye spaarbelegging (TFSA) moet bydra.
Vir lesers wie minder bekend is met die begrippe eers net kortliks die volgende – wat is ‘n uittree-annuïteit (UA)? Dit is eenvoudig gestel ‘n finansiële instrument waardeur jy met voorbelaste geld vir jou oudag voorsiening kan maak. Dan kan ‘n mens ook die vraag vra waarom dit belangrik is om by te dra tot ‘n uittree-annuïteit? Die antwoord is eenvoudig dat dit nog steeds, ten spite van al die gerugte oor ‘voorgeskrewe beleggings’, een van die mees effektiewe maniere bly om belasting te spaar en ‘n veilige aftrede te verseker.
Op die vraag: “Wat beteken dit om jou belastingvrye spaarbelegging te befonds?” kan ons antwoord dat dit basies beteken om bydraes te maak tot ‘n finansiële instrument wat jy bykomend tot jou uittree-annuïteit kan gebruik om vir langtermyn doelwitte te kan spaar met na-belaste geld.
Dit help verder om op die belangrikste ooreenkomste (7) en verskille (6) tussen uittree-annuïteite en ‘n belastingvrye spaarbeleggings te verstaan, alvorens ons ‘n strategie oor bydraes probeer ontwikkel.
Sewe ooreenkomste:
Ons kyk nou na die ses belangrikste verskille tussen uittree-annuïteite en belastingvrye spaarbeleggings.
Ses verskille:
Hoe kies ‘n mens dan wanneer jy moet besluit oor jou bydraes tot hierdie produkte – wat is die beste strategie om te volg?
Die strategie:
Dit is baie belangrik om ‘n holistiese en geintegreerde benadering te volg wanneer jy besluite oor jou uittree-annuïteite en belastingvrye spaarbeleggings maak.
Daarom het ons by RiG adviesdienste een oorkoepelende strategie binne 3 kort kursusse ontwikkel, wat gratis beskikbaar is op ons aanlynleerplatform, bekend as die Skool van wysheid vir welvaart.
Volg gerus die volgende skakels na die kursusse:
Deel ook hierdie inligting as jy daaruit nut vind deur ons WRAP (http://bit.ly/Rig_Tax_Season_2021) vir ander aan te stuur. Daar is ook baie meer interessanthede op ons webwerf (https://rig.ac/), kort videos op ons Youtube kanaal (https://www.youtube.com/channel/UCHnIZ3kMBU60-UiYvjdR_pg) en heelwat ander leersame kursusse op ons aanlyn leerplatform (https://rig.learnworlds.com/)
Kontak ons gerus ook per epos by: info@rig.ac of telefonies by 086 1221 777.
Willem Lategan (RiG adviesdienste)
Hierdie artikel is ʼn algemene inligtingsblad en moet nie as professionele advies beskou word nie. Geen verantwoordelikheid word aanvaar vir enige foute, verlies of skade wat ondervind word as gevolg van die gebruik van enige inligting vervat in hierdie artikel nie. Kontak altyd ʼn finansiële raadgewer vir spesifieke en gedetailleerde advies. (E&OE)