Welgedaan, Vrystaat Gimnastiek!
November 7, 2014
Belasting van trusts
November 7, 2014

T Roos & Kie ondersteun die Bybelgenootskap

BybelgenootskapDie Bybelgenootskap se taak is om die Bybel bekostigbaar en toeganklik aan alle Suid-Afrikaners beskikbaar te stel. Dit word gedoen deur ‘n uitgebreide publikasieprogram wat vertaling, produksie en verspreiding insluit en dit alles word deur fondsinsameling moontlik gemaak.

Dit is die taak van die Bybelgenootskap van Suid-Afrika om bekostigbare Bybels vir elkeen in hulle eie taal en in geskikte formate beskikbaar te stel sodat almal die lewegewende boodskap van die Woord mag ervaar.

T Roos & Kie se personeel het gedurende September en Oktober 2014 Bybelboksies vol munte ingesamel vir hierdie belangrike taak.

Dankie vir elke personeellid wat hierdie spesiale projeke ondersteun het en vir julle samewerking.

Ons beste wense vergesel die Bybelgenootskap!

We use cookies to improve your experience on our website. By continuing to browse, you agree to our use of cookies
X