Wat kan jy doen om beleggers te beïndruk? Nadat jy die drie wenke hieronder bestudeer het, sal jy die vraag self kan beantwoord.
Die entrepreneurskultuur is reeds sterk gevestig in Suid-Afrika, en baie entrepreneurs het waardevolle lesse geleer deur hul idees aan geharde beleggers, bekend as haaie, voor te lê in die program “Shark Tank”, verkry van Amerikaanse televisie. Wat moet jy doen om beleggers sover te kry om hul beursies oop te maak en in jou maatskappy te belê? Janine Popick, Hoof Uitvoerende Beampte (CEO) van VerticalResponse, sê dat jy “Shark Tank” moet kyk en die lesse in jou onderneming moet toepas. Gebruik die wenke hieronder om jou kanse te verbeter voordat jy met die beleggers praat.
Ken jou besigheid en oorrompel hulle
Dit sal baie tyd en moeite verg om die perfekte voorlegging aan beleggers te vervolmaak. Jy moet al die feite ken en dit op so ‘n kreatiewe, charismatiese manier oordra dat jou voorlegging hul aandag sal aangryp en hul sal oortuig dat jy die nodige dryfkrag het om ‘n sukses van jou maatskappy te maak. Verduidelik presies waaroor en oor wie jou maatskappy gaan en hoe jou onderneming van ander soortgelyke ondernemings verskil.
Ken jou syfers
Potensiële beleggers wil presies weet hoeveel jou maatskappy werd is, wat jy verdien uit verkope en hoe groot jou skuld is. Dit sal tot jou voordeel wees as jy die syfers uit jou kop ken, anders mag jy dalk baie vinnig die deur gewys word. Indien jy bewyse van groot verkope of toekomstige bestellings deur ‘n bekende maatskappy kan lewer, sal dit die beleggers oortuig van jou besigheidsvermoëns en kredietwaardigheid. Beleggers sal net belê om een rede: hulle wil ‘n billike opbrengs uit jou maatskappy hê, so as jy hulle slegs 10% wins op ‘n R2 miljoen belegging aanbied, sal niemand daarin belangstel om in jou maatskappy te belê nie.
Vergeet van jou salaris
Moenie eens daaraan dink om die beleggers te vra om jou te help met die afbetaling van die skuld wat jy gemaak het terwyl jy jou besigheid van die grond af gekry het nie. Dis praktyk vir ‘n entrepreneur om nie tydens die eerste paar maande of selfs jare van ‘n besigheid se bestaan wins te maak nie. As jy dit nie kan aanvaar nie, moet jy dalk jou droom laat vaar.
Hierdie artikel is ‘n algemene inligtingstuk en moet nie gebruik of staatgemaak word op as professionele advies nie. Geen aanspreeklikheid kan aanvaar word vir enige foute of weglatings of vir enige verlies of skade wat voortspruit uit vertroue op enige inligting hierin nie. Kontak atyd jou finansiële adviseur vir spesifieke en gedetailleerde advies.