April 2014 was Paasmaand by T Roos & Kie, en ons hier by T Roos het Jesus se kruisiging en opstanding herdenk.
Die firma het met skriflesing en gebed Donderdag, 17 April 2014, onder leiding van Ds. Stephan van Heerden (Klipkerk) begin.
Johannes 3: 16 – “God het die wêreld so liefgehad dat Hy sy enigste Seun gegee het, sodat dié wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie maar die ewige lewe sal hê.”
Ons het ons voorportaal versier met ‘n mooi kruis, doringkroon en fluweel lappe om Paasfees te vier.
Alle eer aan Vader God!