Published by Admin at April 1, 2015 Eienaars van deeltydse en klein besighede, bv. netwerkbemarkers, eiendomsagente, konsultante en alleeneienaars, gebruik dikwels een bankrekening vir persoonlike en besigheidsdoeleindes, wat daartoe lei dat besigheids- en privaat uitgawes deurmekaar raak. Dit kan op die lange duur probleme vir die besigheid en die individu veroorsaak, veral rakende belasting en wanneer later om lenings aansoek gedoen word. Waarom is dit nodig om besigheids- en privaat uitgawes te skei deur twee rekenings te gebruik? Die volgende is die belangrikste redes: 1. Belastingoorwegings Die onus rus op die belastingbetaler om te bewys dat ‘n uitgawe vir besigheidsdoeleindes aangegaan is, indien hulle dit van belasting […]