WYSIGINGS AAN INKOMSTEBELASTINGOPGAWES VIR MAATSKAPPYE
As deel van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) se deurlopende pogings om doeltreffendheid en voldoening te bevorder, is verskeie wysigings op 26 Februarie 2018 aan die jaarlikse inkomstebelastingopgawes vir maatskappye (ITR14) aangebring. Twee nuwe skedules is op die ITR14 bygevoeg. Eerstens moet maatskappye wat die leerskaptoelae kragtens artikel 12H van die Inkomstebelastingwet[1] wil eis, voortaan besonderhede […]