Published by Admin at October 7, 2015 Is die koper van ‘n eiendom verantwoordelik vir die betaling van uitstaande munisipale skuld wat deur die vorige eienaar van die eiendom opgeloop is? Die kort antwoord is “Nie meer nie”. Lees asseblief die res van die artikel vir die meer volledige antwoord. Wat in die verlede gebeur het Munisipaliteite moes uitklaringsertifikate rakende munisipale skuld uitreik waarsonder geen eiendom vanaf ‘n verkoper na ‘n koper oorgedra kon word nie. Hierdie sertifikate het gesertifiseer dat alle uitstaande skuld wat aan ‘n munisipaliteit verskuldig is tot op die datum van oordrag ten volle vereffen is. Kopers van eiendom het redelikerwys op die […]