Published by Admin at March 12, 2018 Suid-Afrika se begroting skets ’n baie interessante prentjie wanneer ’n mens in besonderhede kyk na die syfers wat betrokke is. Die jaarlikse nasionale begroting wat op 21 Februarie in die Parlement deur die Minister van Finansies, Malusi Gigaba, voorgelê is, is die grootste begroting tot nog toe en maak voorsiening vir gekonsolideerde staatsbesteding in die 2018/2019 fiskale jaar van R1,657,200,000,000! Verreweg die grootste deel van die begroting sal aangewend word vir maatskaplike dienste in die vorm van onderwys, gesondheidsorg, maatskaplike ontwikkeling en gemeenskapsontwikkeling en infrastruktuur: R1,012.2 biljoen, of 61.08% om presies te wees (2017/2018-begroting: 56.5%). Hiervan sal ’n enorme R528.4 […]