ADDISIONELE MEDIESE KORTING VIR ’N INDIVIDU: WANNEER KAN EK MEDIESE UITGAWES UIT DIE SAK BETAAL AS ’N EIS INDIEN?
Addisioneel tot die Artikel 6A mediese belastingkrediet is daar ook krediet beskikbaar vir individue (belastingpligtiges) wat mediese uitgawes self uit die sak uit betaal in terme van Artikel 6B van die Inkomstebelastingwet. Die addisionele mediese uitgawes belastingkrediet kan deur die belastingpligtige geëis word vir kwalifiserende mediese uitgawes aangengaan vir homself asook sy afhanklikes. Volgens Artikel […]
MEDIESESKEMAFOOIE-BELASTINGKREDIET
Artikel 6A van die Inkomstebelastingwet[1] maak voorsiening vir ’n medieseskemafooie-belastingkrediet (MTC) of korting, wat die bedrag van inkomstebelasting betaalbaar deur ’n natuurlike persoon (hierna die “belastingpligtige” genoem), verminder. Die MTC is van toepassing op die fooie wat die belastingpligtige betaal aan ’n geregistreerde mediese skema wat tot sy of haar eie voordeel is of tot […]