Published by Admin at December 9, 2014 Die hoofdoel met boedelbeplanning is om toe te sien dat soveel as moontlik van jou geakkumuleerde rykdom vir jou eie voordeel aangewend word en vir die maksimum voordeel van jou afhanklikes by jou dood. “Boedelbeplanning” word gedefinieer as die proses waarin ‘n program geskep en bestuur word om: Jou bates tydens jou leeftyd in stand te hou, te vermeerder en te beskerm; Die mees effektiewe en voordelige verdeling daarvan aan opvolgende generasies te verseker. Daar bestaan ‘n algemene wanindruk dat boedelbeplanning net gaan oor die maak van ‘n testament of om jou sake so te reël dat boedelbelasting bespaar word. […]