Published by Admin at October 10, 2018 Verbruikers verkies dikwels om tweedehandse goedere te koop om geld te bespaar of bloot omdat hulle ’n winskoop raakgeloop het. Hoewel tweedehandse goedere moontlik ’n winskoop kan wees, kan dit riskant wees om dit te koop omdat dit gebreke mag bevat terwyl die verbruiker se reg om te verhaal in so ’n geval uiters beperk kan wees. Hierdie besorgdheid oor gebreke word vererger wanneer items van hoë waarde gekoop word, soos motorvoertuie waar latente gebreke duur kan wees om te herstel en die verbruiker dikwels in ’n situasie kan beland waar hy/sy betekenisvolle bedrae geld moet bestee aan die herstel […]