December 7, 2018

KORPORATIEWE BEHEER – FINANSIËLE JAAREINDE

Die finansiële jaar van ’n maatskappy staan bekend as die rekenkundige periode. Ingevolge artikel 27 van die Maatskappywet No. 71 van 2008 (“die Wet”), het elke maatskappy wat geregistreer is ingevolge die Wet ’n finansiële jaareinde. Hierdie datum word vervat op die Kennisgewing van Inkorporasie-dokument van ’n betrokke maatskappy. Die eerste finansiële jaareinde van ’n maatskappy begin op die datum waarop die maatskappy geregistreer is. Hierdie laasgenoemde datum verskyn op die registrasie dokumentasie van die maatskappy. Die finansiële jaareinde van die maatskappy sal dan eindig op die datum soos wat dit verskyn op die Kennisgewing van Inkorporasie-dokument van die maatskappy. […]
We use cookies to improve your experience on our website. By continuing to browse, you agree to our use of cookies
X