Published by Admin at February 18, 2019 Die Sesde Skedule van die Wet op Inkomstebelasting[1] detailleer die werking van die omsetbelastingstelsel wat op mikrobesighede van toepassing is. Omsetbelasting is ’n opsionele stelsel (met voorkeur-belastingkoerse) en is in wese ’n vereenvoudigde belastingstelsel wat beskikbaar is vir mikrobesighede (besighede met ’n kwalifiserende omset van R1 miljoen of minder). Die Sesde Skedule handel oor persone wat kwalifiseer as mikrobesighede (wat natuurlike persone insluit), die toelaatbare aandele en belange wat die mikrobesighede mag besit en wat belasbare omset en uitsluitings daarvan, uitmaak. Alhoewel die stelsel wyd gebruik word, is daar ’n toenemende aantal belastingbetalers vir wie die stelsel nie meer optimaal […]