Published by Admin at April 23, 2018 ’n Besigheidswaardasie wat behoorlik oorweeg is kan die eerste stap in vele noodsaaklike besigheidsprosesse en – aktiwiteite wees. Alhoewel daar baie voorbeelde is, kan dit byvoorbeeld die verkryging van ’n koop – en verkoopbeleid of fasilitering van ’n herstruktureringsproses insluit. Die inisiëring van onderhandelinge tydens ’n transaksie oor die verkoop van ’n besigheid bly egter waarskynlik die algemeenste stimulus vir die waardasie van ’n besigheid, en vir baie besigheidseienaars mag sodanige gebeurtenis die eerste en enigste keer wees dat die gedagte om ’n besigheidswaardasie uit te voer, opkom. Besigheidwaardasies word dus dikwels as die doel, eerder as die middel tot […]