As deel van T Roos & Kie se toegewydheid tot die gemeenskap het ons opgetree as een van die borge vir die Junior Vrystaatse Gimnastiek-span wat gedurende die onlangse September vakansie in Kaapstad aan die Suid-Afrikaanse kampioenskappe deelgeneem het.
Baie geluk aan elke gimnas vir die uitsonderlike prestasie asook vir die wyse waarop julle ons provinsie verteenwoordig het.
Ons is trots op julle!