Published by Admin at December 3, 2015 Die aanwending van sonkrag op plase is geen nuwe praktyk nie. Toerusting soos sonpompe, son-waterverhitters en arbeidershuise wat heeltemal op sonkrag funksioneer is al ‘n algemene gesig. Met die huidige kragkrisis in Suid-Afrika sal boere in die toekoms genoodsaak word om al hoe meer op alternatiewe bronne van energie staat te maak. ‘n Belegging in ‘n sonkragstelsel wat grootliks in ‘n boerdery se kragbehoeftes voorsien is ‘n lang termyn belegging wat ‘n groot kapital uitleg behels. Daar is veskeie belastingimplikasies van so ‘n belegging wat in berekening gebring moet word omdat dit die finansiele lewensvatbaarheid van die belegging asook die […]