June 10, 2015

Vereistes vir ‘n geldige belastingfaktuur

BTW404 Gids vir Ondernemers soos opgedateer gedurende Maart 2012 sit die vereistes vir ‘n geldige belastingfaktuur uiteen. ‘n Faktuur is ‘n dokument wat die koper in kennis stel van ‘n verpligting om ‘n betaling te maak na afloop van ‘n transaksie, wat nie noodwendig as ‘n belasbare lewering kwalifiseer nie. ‘n Belastingfaktuur is ‘n dokument waarvoor voorsiening gemaak word in die BTW-Wet om die ondernemer in staat te stel om ‘n inset BTW-aftrekking te kan eis, en sal altyd verband hou met ‘n belasbare lewering. Vir fakture waarvoor die vergoeding meer as R5 000 is, word die volgende vereis: die […]
January 23, 2015

Vereistes vir ‘n korrekte belastingfaktuur

Word uitgereik binne 21 dae na goedere ontvang of diens gelewer, waarvan eerste ontvang, of betaling. Die volgende moet op ‘n Belastingfaktuur verskyn: Die woord BELASTINGFAKTUUR of TAX INVOICE. Die verkoper se naam, adres en BTW registrasienommer. Die datum van die transaksie. Die Belastingfaktuur moet die bedrag BTW spesifiseer of meld dat die BTW teen die huidige koers ingesluit is. Die Belastingfaktuur moet spesifiseer wat gekoop is en die hoeveelheid daar van. Wanneer ‘n afskrif van ‘n Belastingfaktuur gebruik word, moet die woord AFSKRIF of COPY op die Belastingfaktuur verskyn. GLAD NIE: Duplikaat of Duplicate Belastingfakture se reeksnommers moet op […]
We use cookies to improve your experience on our website. By continuing to browse, you agree to our use of cookies
X