Meer oor Ons

Welkom by T Roos

Vir meer as 60 jaar is T Roos 'n gevestigde en dinamiese belasting- en rekenmeestersfirma met 'n wye kliëntebasis, meestal in die Vrystaat geleë. Die firma het tans vier direkteure: Neels Grobbelaar, Johan Paulsen, Jan Claassens en Anelize Bubb. Dit is T Roos se doel om oudit-, rekenkundige dienste en finansiële bestuur in 'n objektiewe en praktiese wyse uit te voer en om ondersteuning te bied aan kliënte met betrekking tot die finansiële aspekte van hul besigheid en om maksimum stabiliteit en groei te verseker.

Die span bestaan uit professioneel gekwalifiseerde bestuurders, sowel as rekenmeesters in opleiding, waarvan meeste op 'n nagraadse vlak is, en ook geregistreer is by die Suid-Afrikaanse Instituut vir Geoktrooieerde Rekenmeesters (SAIGR). Die rekeningkundige spanne word deur gekwalifiseerde professionele rekenmeesters bestuur wat ondersteun word deur rekenmeesters in opleiding wat by die Suid-Afrikaanse Instituut vir Professionele Rekenmeestersprofessie (SAIPR) geregistreer is.

Die administratiewe span is verantwoordelik vir belastingadministrasie, sekretariële dienste, boedel administrasie en algemene kantoor aangeleenthede. Deurlopende opleiding en professionele ontwikkeling verseker dat ons werknemers 'n hoë vlak van tegniese kundigheid verwerf en handhaaf. Hulle voldoen aan die jongste vereistes soos deur professionele en reguleringsliggame voorgeskryf is: SAIGR, SAIPR en die Onafhanklike Reguleringsraad vir Ouditeure (ORRO).

Kontak Ons

Tydlyn

  • Mnr. Roos was 'n senior aanslaer in die Dept. van Binnelandse Inkomste en het besluit om te bedank na gerugte die rondte gedoen het dat hy Johannesburg toe verplaas sou word. Hy was goed bevriend met Prof. Samuels van die firma Samuels Viljoen en Dekker. Hy het 'n kantoor in Medfontein by hulle gehuur en van hulle tiksters gebruik gemaak. Mnr Pienaar van die ouditeursfirma, Meyer Nel en Kie, (nou Price Waterhouse Coopers) het beswaar gemaak teen hierdie samewerkingsooreenkoms.
  • Mnr. Roos het bedank en in 1957 begin besigheid doen onder die naam T.Roos (Edms)Bpk. Mnr Grobbelaar Snr en mnr Roos het vanaf April 1956 tot 1957 saam by die SA Inkomstediens in Bloemfontein gewerk. Mnr Grobbelaar Snr is 1 Mei 1961 na SAID Klerksdorp verplaas. Dit is waar hy Mauritz Roodt ontmoet het. T.Roos (Edms) Bpk het in 1963 getrek na B.P Huis Wesburger str, regoor die Openbare Biblioteek waar mnr. Roos drie kantore gehuur het.
  • Nadat mnr Grobbelaar Snr 'n brief van mnr. Roos waarin hy hom vra of hy dit sal oorweeg om by hom aan te sluit. Hy het daarna ook 'n onderhoud met Prof. Samuels gehad en op 1 Julie 1963 het ek ingestap by die kantore van T.Roos (Edms) Bpk in B.P Huis. In sy kantoor was daar niks – nie eers 'n lessenaar nie. Hy moes sy lessenaar van sy huis laat haal. Dit was die begin. Mnr. Roos het 171 kliënte gehad op 1 Julie 1963 en T.Roos het bestaan uit mnr. Roos, mnr Grobbelaar Snr en mev. Anna Smith, wat al die administrasie behartig het.
  • Die kantore het gou vir hulle te klein geword en Die Trustfonteingebou was in beplanningstadium toe daar vir hulle kantore voorsiening gemaak is. Die firma het uitgebrei na vyf kantore en 'n kluis. Dit was +- 1965 toe daar getrek is na die Trustfonteingebou. Mauritz Roodt het in 1967 by ons aangesluit en mev. Anna Haarhoff was die eerste boekhoudster wat ons 1 Julie 1968 aangestel het. P. de Villiers en W.A Duursema het op 1 Maart 1974 tot die maatskappy toegetree en mnr. Roos het dieselfde tyd afgetree.
  • Die kantoorruimte het weer te min geword en ons het ongeveer dieselfde tyd na Bankovs getrek waar ons ekstra kantore by gehuur het vir ingeval ons weer moet uitbrei.
  • Op 1 Januarie 1994 het P.de Villiers uitgetree en Kobus Smith het hom vervang. Kobus Smit het die firma op 1 Maart 1997 verlaat en op daardie stadium het CF Grobbelaar Jnr asook JP Paulsen by die firma aangesluit. Die firma het in 2005 na Aliwalstraat 52 verhuis na die samesmelting met CMS finansiele Dienste.
  • Vandag bestaan die firma uit twee dele. T.Roos behartig al die belasting en rekeningkundige dienste en dit word bestuur deur CF Grobbelaar Jnr, JP Paulsen, JH Claassens en A Bubb. Die firma bedryf ook satelliet kantore in Ficksburg en Dordrecht.
We use cookies to improve your experience on our website. By continuing to browse, you agree to our use of cookies
X