Aansoek by T Roos
Dankie vir u oorweging om aansoek te doen. Vul asseblief die aansoekvorm volledig in en onthou om die postitel van die pos waarin u belangstel aan te dui en u CV aan te heg. Indien u enige navrae het kontak Ernst by 051 406 4800 of e-pos, ernst@troos.co.za
Altus Neethling (2008 – 2012)
Oudit Bestuurder PBS Geoktrooieerde Rekenmeesters (Nelspruit)“T Roos & Kie is die perfekte omgewing om ondervinding op te doen in elke fasset van rekeningkunde, oudit en belasting in ‘n groot verkeidenheid van industrieë. Daar bestaan ‘n goeie werksomgewing wat gelei word deur die direksie wat op ‘n etiese, professionele en bekwame wyse optree. Ek sal die firma vir enige voornemede klerk aanbeveel wat ‘n suksesvolle loopbaan wil begin.”
Tinus Ferreira (2012 - 2014)
Finansiële Bestuurder Platinum Global (Bloemfontein)“T Roos & Kie het my meer as net bygestaan in my groei tot gekwalifiseerde rekenmeester. Hulle het my al die moontlike geleenthede gebied om te groei in my veld en as persoon. Tedanke aan T Roos & Kie kon ek na my opleiding direk in ‘n finansiele bestuurder posisie instap by ‘n multimiljoen omset maatskappy en ek kan die nodige druk hanteer wat die posisie verg. Ek is ewig dankbaar vir die geleentheid wat ek gegun was by T Roos & Kie.”
Francois Marais (2008 - 2011)
Finansiële Bestuurder Ceracast (Eiendoms) Beperk (Postmasburg)“T Roos en Kie het my die fondasie gegee om my loopbaan op te bou. Uitstekende personeel en baie aangename werksomstandighede.”
Natasha van Rooyen (2009 – 2012)
Finansiële Bestuurder Calby Boerdery (Eiendoms) Beperk (Christiana)“Ek het my klerkskap by T.Roos & Kie voltooi en sal altyd wonderlike herinneringe van die firma en die mense hê. Ek het so baie geleer by T.Roos & Kie van klein entiteite tot groot besighede, daar was hard gewerk, maar ons het net soveel pret gehad. Die personeel by T.Roos & Kie is altyd behulpsaam en stel kliente altyd eerste. Vandag is ek die finansiële bestuurder by ‘n aartappelboerdery en dit het alles begin by T.Roos & Kie wat die fondasie gelê het.”