Totsiens
Hoe sê ‘n mens op een dag totsiens vir so baie mense wat oor die jare soo diep in jou hart ingekruip het? Ek het wonderlike herinneringe van die firma en sy mense en ook van baie kliënte wat ek vir altyd sal koester. Dankie dat ek deel kon wees van T Roos vir 45 jaar. Dit het regtig altyd vir my gevoel asof ek deel is van ‘n span wat saam hard kan werk maar ook saam baie pret kan hê.
Die gesegde sê: “Die beste plek om te wees is binne-in iemand se hart” – Dis waar ek elkeen van julle sal bêre en ek hoop dat julle ook dieselfde vir my sal doen.
Ek wens vir die firma T Roos & Kie, asook sy direkteure en al die personeel en kliënte net voorspoed toe vir die toekoms!
Lief julle
Annette Erasmus
Hierdie artikel is ʼn algemene inligtingsblad en moet nie as professionele advies beskou word nie. Geen verantwoordelikheid word aanvaar vir enige foute, verlies of skade wat ondervind word as gevolg van die gebruik van enige inligting vervat in hierdie artikel nie. Kontak altyd ʼn finansiële raadgewer vir spesifieke en gedetailleerde advies. (E&OE)