T Roos | Dynamic Tax and Accounting Firm

Loslitdag 2013!

Pers LoslitT Roos & Kie het op Vrydag, 6 September 2013, grootgegaan vir Loslitdag om mense en die regte van persone met gestremdhede te ondersteun.

Dit was ‘n dag vol pret en vermaak en die wagwoord was: GAAN GROOT!

Die personeel was regtig gemotiveerd om van hierdie dag ‘n groot sukses te maak.

Van Liewe Heksie met GROOT BOUDE tot ‘n bruid met ‘n GROOT ROK het ons bederf met hulle teenwoordigheid. Die personeel het in goeie gees saam gekuier om die dag te ondersteun.

Daar was ook ‘n prysuitdeling vir die “best dressed” van die dag.

Hier volg die wenners:

Eerste Plek – Elsa van Straaten (Liewe Heksie met GROOT BOUDE)
Tweede Plek – Penny Brits (Punk Rocker met GROOT PIENK HARE)
Derde Plek – Alzanne van Huyssteen (Bruid met GROOT ROK)

Baie geluk aan die wenners. Julle het dit uit en uit verdien. Baie dankie ook aan die ander personeel vir jul betrokkenheid en ondersteuning van hierdie spesiale dag.

Ons maak 2014 weer so.

“If you find it in your heart to care for somebody else, you will have succeeded.”
Maya Angelou

We use cookies to improve your experience on our website. By continuing to browse, you agree to our use of cookies
X