Basiese registrasies en nakoming vir besighede
June 21, 2013
Madiba Dag by T Roos!
July 23, 2013

Eerlik oor jou taks? Lees hiér

article2bHet jy onlangs eiendom of lewende hawe gekoop? Ja, jy het! En Jan Taks weet.

Ingevolge wysigings aan die Wet op Belastingadministrasie kan die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) nou twee maal per jaar inligting oor belastingbetalers van derde partye soos eiendomsagente, prokureurs en banke bekom.

 

Só kan die SAID vasstel of belastingbetalers se finansiële bedrywighede – soos die koop en verkoop van eiendom en aandele – ooreenstem met dit wat hulle in hul jaarlikse belastingopgawes verklaar het.

Die nuwe regulasies, wat nou selfs die handel in beeste en skape onder ’n vergrootglas plaas, bepaal dat derde partye – soos genoteerde maatskappye, finansiële instellings en mediese skemas – teen 31 Oktober vanjaar al inligting oor hul kliënte vir die eerste ses maande van 2013 aan die SAID moet verskaf.

Ander derde partye is onder andere mense wat handel dryf in lewende hawe, vars produkte, houtprodukte, minerale en edelgesteentes. Die nuwe wetgewing kom nadat die SAID verlede jaar sowat R12 miljard minder belasting ingevorder het as waarop hy gereken het.

Die wet lees dat enige persoon wat mense in diens het, geld oorbetaal of ontvang namens iemand of enige handelinge het met ’n ander persoon of beheer het oor die bates van ’n ander persoon, opgawes moet invul om dié inligting aan die SAID weer te gee,” sê Michelle Steyn, ’n belastingkonsultant van Johannesburg.

Volgens kenners bemoeilik die nuwe regulasies belastingontduikers se lewe.

“As jy slim genoeg is, sal jy steeds maniere vind om te kul, maar dit gaan van nou af bitter moeilik wees.

Jy gaan nie meer onverklaarde inkomste in bankrekeninge kan wegsteek en rente daarop verdien nie en jy kan nie meer vaste eiendom gebruik om te kroek nie,” sê Ettiene Retief, voorsitter van die SA Instituut vir Professionele Rekenmeesters se belastingkomitee.

Volgens Steyn word die SAID se invorderingstegnieke al hoe doeltreffender en Jan Taks span nou sy net wyer om veral mense met ’n inkomste van meer as R7?miljoen per jaar, of diegene wat bates van meer as R75?miljoen besit, op hul tone te hou.

Die wet maak dit vir die SAID makliker om doeltreffender leefstyloudits te doen,” sê Steyn.

Retief se enigste beswaar is dat sommige derde partye moontlik gaan sukkel om die vereiste inligting te verwerk.
Volgens Steyn gaan die nuwe bepalings tot die voordeel strek van eerlike Suid-Afrikaners wat vir voorlopige belasting geregistreer is.

“Mense moes voorheen benaderde bedrae gebruik op hul voorlopige belastingvorms.

“As die bedrae te laag geskat was, het die SAID hulle dan beboet.

Omdat rentesertifikate en ander inligting nou twee maal ’n jaar aan die SAID verskaf moet word, gaan die vorms vir voorlopige belasting nou soveel akkurater wees,” sê sy.

Bron:
Pieter-Louis Myburgh (Rapport)

Hierdie is ‘n algemene inligtingstuk en moet gevolglik nie as regs- of ander professionele advies benut word nie. Geen aanspreeklikheid kan aanvaar word vir enige foute of weglatings of enige skade of verlies wat volg uit die gebruik van enige inligting hierin vervat nie. Kontak altyd u regsadviseur vir spesifieke en toegepaste advies.

Kliek hier om die volledige vrywaring te sien

We use cookies to improve your experience on our website. By continuing to browse, you agree to our use of cookies
X